1 KRONIEKE 1

1 Van Adam tot Noag se seuns

Die afstammelinge van Adam was Set, Enos,

2 Kenan, Mahalalel, Jered,

3 Henog, Metusalag, Lameg

4 en Noag.

Die seuns van Noag was Sem, Gam en Jafet.

Afstammelinge van Jafet

5 Die seuns van Jafet was Gomer, Magog, Madai en Jawan, Tubal, Mesek en Tiras.

6 Die seuns van Gomer was Askenas, Rifat en Togarma.

7 Die seuns van Jawan was Elisa, Tarsis, die Kittiërs en Rodaners.

Afstammelinge van Gam

8 Die seuns van Gam was Kus, Misraim, Put en Kanaän.

9 Die seuns van Kus was Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Die seuns van Rama was Skeba en Dedan.

10 Kus was ook die pa van Nimrod, wat oor die hele aarde as ’n heldhaftige soldaat bekend geword het.

11 Uit Misraim het gekom die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs, Naftoagiete,

12 Patrosane, Kaslugiete – waaruit die Filistyne voortgekom het – en die Kaftoriete.

13 Kanaän se oudste seun was Sidon. Kanaän was ook die voorvader van die Hetiete,

14 Jebusiete, Amoriete, Girgasiete,

15 Hewiete, Erekiete, Siniete,

16 Arwadters, Semariërs en Hamatiete.

Afstammelinge van Sem

17 Die seuns van Sem was Elam, Assirië, Arpaksad, Lud en Aram.

Die seuns van Aram was Us, Gul, Geter en Mesek.

18 Arpaksad was die pa van Selag. Selag was die pa van Heber.

19 Heber het twee seuns gehad. Die naam van die een was Peleg – “verdeling” – want in sy dae het die aardbewoners in verskillende taalgroepe verdeel geraak. Sy broer se naam was Joktan.

20 Joktan was die pa van Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag,

21 Hadoram, Usal, Dikla,

22 Obal, Abimael, Skeba,

23 Ofir, Gawila en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan.

24 Dit was die familie wat van Sem afgestam het: Arpaksad, Selag,

25 Heber, Peleg, Reü,

26 Serug, Nahor, Tera

27 en Abram, later bekend as Abraham.

Afstammelinge van Abraham

28 Die seuns van Abraham was Isak en Ismael.

29 Die seuns van Ismael was Nebajot, die oudste, Kedar, Adbeël, Mibsam,

30 Misma, Duma, Massa, Gadad, Tema,

31 Jetur, Nafis en Kedma. Hulle was die seuns van Ismael.

32 Die seuns van Ketura, die byvrou van Abraham, was Simran, Joksan, Medan, Midian, Jisbak en Suag. Die seuns van Joksan was Skeba en Dedan.

33 Die seuns van Midian was Efa, Efer, Ganok, Abida en Eldaä. Hulle almal was seuns van Abraham by sy byvrou Ketura.

Afstammelinge van Isak

34 Abraham was die pa van Isak. Die seuns van Isak was Esau en Israel.

Afstammelinge van Esau

35 Die seuns van Esau was Elifas, Reüel, Jeüs, Jalam en Korag.

36 Die seuns van Elifas was Teman, Omar, Sefo, Gatam, Kenas en Amalek wat vir Timna gebore is.

37 Die seuns van Reüel was Nagat, Serag, Samma en Missa.

Oorspronklike mense van Edom

38 Die seuns van Seïr was Lotan, Sobal, Sibon, Ana, Dison, Eser en Disan.

39 Die seuns van Lotan was Gori en Hemam. Lotan se suster is Timna genoem.

40 Die seuns van Sobal was Alwan, Managat, Ebal, Sefi en Onam. Die seuns van Sibon was Aja en Ana.

41 Die seun van Ana was Dison. Die seuns van Dison was Gemdan, Esban, Jitran en Keran.

42 Die seuns van Eser was Bilhan, Saäwan en Akan. Die seuns van Disan was Us en Aran.

Regeerders van Edom

43 En dit is die konings wat in die land Edom regeer het voordat daar konings in Israel was: Bela, seun van Beor, het oor sy stad Dinhaba regeer.

44 Toe Bela dood is, het Jobab seun van Serag uit Bosra koning geword.

45 Toe Jobab dood is, het Gusam uit die land van die Temaniete koning geword.

46 Toe Gusam dood is, het Hadad seun van Bedad koning geword en in Awit regeer. Hy het die Midianiete se leër in die land Moab verslaan.

47 Toe Hadad dood is, het Samla uit die stad Masreka koning geword.

48 Toe Samla dood is, het Saul uit die stad Regobot-aan-die-Eufraatrivier koning geword.

49 Toe Saul dood is, het Baäl-Ganan seun van Akbor koning geword.

50 Toe Baäl-Ganan dood is, het Hadar koning geword en in die stad Paü regeer. Sy vrou was Mehetabel, dogter van Matred en kleindogter van Me-Sahab.

51 Toe het Hadar ook gesterf.

Die stamleiers van Edom was Timna, Alwa, Jetet,

52 Oholibama, Ela, Pinon,

53 Kenas, Teman, Mibsar,

54 Magdiël en Iram. Hulle was die regeerders van Edom.

1 KRONIEKE 2

Afstammelinge van Israel

1 Die seuns van Israel was Ruben, Simeon, Levi, Juda, Issaskar, Sebulon,

2 Dan, Josef, Benjamin, Naftali, Gad en Aser.

Afstammelinge van Juda

3 Juda het drie seuns by Bat-Sua, ’n Kanaänitiese vrou, gehad. Hulle name was Er, Onan en Sela. Die oudste seun, Er, was ’n bose man in die oë van die Here en daarom het Hy hom doodgemaak.

4 Later het Juda tweelingseuns by Tamar, sy weduwee-skoondogter gehad. Hulle name was Peres en Serag. Juda het dus vyf seuns in totaal gehad.

5 Die seuns van Peres was Gesron en Gamul.

6 Die seuns van Serag was Simri, Etan, Heman, Kalkol en Darda. Hulle was vyf in totaal.

7 Akan seun van Karmi het ’n ramp oor Israel gebring toe hy van die buit gevat het wat vir die Here opsy gesit is.

8 En die seun van Etan was Asarja.

Van Juda se kleinseun Gesron

tot Dawid

9 Die seuns van Gesron was Jeragmeël, Ram en Kaleb.

10 Ram was die pa van Amminadab. Amminadab was die pa van Nagson, ’n leier van Juda.

11 Nagson was die pa van Salmon. Salmon was die pa van Boas.

12 Boas was die pa van Obed. Obed was die pa van Isai.

13 Isai se oudste seun was Eliab, sy tweede was Abinadab, sy derde was Samma,

14 sy vierde was Netanel, sy vyfde Raddai,

15 sy sesde was Osem en sy sewende was Dawid.

16 Hulle susters was Seruja en Abigal. Seruja het drie seuns gehad met die name Abisai, Joab en Asael.

17 Abigal het met ’n man met die naam Jeter, ’n Ismaeliet, getrou. Hulle seun was Amasa.

Afstammelinge van Gesron se

seun Kaleb

18 Gesron se seun Kaleb het twee vroue gehad, Asuba en Jeriot. Asuba se seuns was Jeser, Sobab en Ardon.

19 Na Asuba dood is, het Kaleb met Efrata getrou en hulle het ’n seun met die naam Gur gehad.

20 Gur was die pa van Uri. Uri was die pa van Besaleël.

21 Toe Gesron 60 jaar oud was, het hy met Gilead se suster, die dogter van Makir getrou. Hulle het ’n seun met die naam Segub gehad.

22 Segub was die pa van Jaïr, wat oor 23 stede in die land Gilead regeer het.

23 (Later het Gesur en Aram die dorpe van Jaïr, asook Kenat en sy 60 omliggende dorpies as buit geneem.) Hulle was almal afstammelinge van Makir, die pa van Gilead.

24 Kort ná Gesron se dood in die stad Kaleb-Efrata het sy vrou Abia geboorte gegee aan ’n seun wat Asgur genoem is. Hy was die pa van Tekoa.

Afstammelinge van Gesron se

seun Jeragmeël

25 Jeragmeël, die oudste seun van Gesron, se seuns was Ram, die oudste, gevolg deur Buna, Oren, Osem en Agija.

26 Jeragmeël het ’n tweede vrou gehad met die naam Atara. Sy was die ma van Onam.

27 Die seuns van Ram, die oudste seun van Jeragmeël, was Maäs, Jamin en Eker.

28 Die seuns van Onam was Sammai en Jada. Die seuns van Sammai was Nadab en Abisur.

29 Die seuns van Abisur en sy vrou Abihajil was Agban en Molid.

30 Die seuns van Nadab was Seled en Appajim. Seled is dood sonder kinders,

31 maar Appajim het ’n seun met die naam Jisi gehad. Die seun van Jisi was Sesan. Sesan se afstammeling was Aglai.

32 Sammai se broer Jada het twee seuns gehad, Jeter en Jonatan. Jeter is dood sonder kinders,

33 maar Jonatan het twee seuns gehad, Pelet en Sasa. Dit was die afstammelinge van Jeragmeël.

34 Sesan het geen seuns gehad nie, alhoewel hy dogters gehad het. Hy het ook ’n Egiptiese dienaar gehad met die naam Jarga.

35 Sesan het een van sy dogters aan Jarga as vrou gegee. Hulle het ’n seun met die naam Attai gehad.

36 Attai was die pa van Natan. Natan was die pa van Sabad.

37 Sabad was die pa van Eflal. Eflal was die pa van Obed.

38 Obed was die pa van Jehu. Jehu was die pa van Asarja.

39 Asarja was die pa van Geles. Geles was die pa van Elasa.

40 Elasa was die pa van Sismai. Sismai was die pa van Sallum.

41 Sallum was die pa van Jekamja. Jekamja was die pa van Elisama.

Afstammelinge van Gesron se

seun Kaleb

42 Die oudste seun van Kaleb, broer van Jeragmeël, was Mesa, die pa van Sif. Kaleb se tweede seun was Maresa, die pa van Hebron.

43 Die seuns van Hebron was Korag, Tappuag, Rekem en Sema.

44 Sema was die pa van Ragam. Ragam was die pa van Jorkoam. Rekem was die pa van Sammai.

45 Die seun van Sammai was Maon. Maon was die pa van Bet-sur.

46 Kaleb se byvrou Efa het geboorte gegee aan Garan, Mosa en Gases. Garan was die pa van Gases.

47 Die seuns van Jodai was Regem, Jotam, Gesan, Pelet, Efa en Saäf.

48 Nog een van Kaleb se byvroue, Maäka, het geboorte gegee aan Seber en Tirgana.

49 Sy het ook geboorte gegee aan Saäf, die pa van Madmanna, en Sewa, die pa van Makbena en Giba. Kaleb het ook ’n dogter gehad met die naam Aksa.

50 Dit was die afstammelinge van Kaleb.

Afstammelinge van Kaleb se

seun Gur

Die seuns van Gur, die oudste seun van Kaleb se vrou Efrata, was Sobal, die pa van Kirjat-Jearim,

51 Salma, die pa van Betlehem, en Garef, die pa van Bet-Gader.

52 Die afstammelinge van Sobal, die pa van Kirjat-Jearim, was Reaja, helfte van Managat

53 en die families van Kirjat-Jearim, die Jitreërs, Puteërs, Sumaners en Misraners. Uit hulle het die mense van Sora en Estaol voortgekom.

54 Die seuns van Salma was Betlehem, die Netofaners, Atrot-Bet-Joab, die helfte van Managat, die Soreërs

55 en die families van die skrywers wat in Jabes gewoon het, die Tirateërs, die Simateërs en die Sukateërs. Hulle was almal Keniete wat van Gammat, die pa van die familie van Rekab, afgestam het.

1 KRONIEKE 3

Nageslag van Dawid

1 Dit is die seuns wat vir Dawid in Hebron gebore is:

Die oudste was Amnon, wie se ma Aginoam uit Jisreël was.

Die tweede was Kilead, wie se ma Abigajil uit Karmel was.

2 Die derde was Absalom, wie se ma Maäka, dogter van Talmai, die koning van Gesur, was.

Die vierde was Adonia, wie se ma Gaggit was.

3 Die vyfde was Sefatja, wie se ma Abital was.

Die sesde was Jitream, wie se ma Egla was.

4 Hierdie ses seuns is vir Dawid in Hebron gebore waar hy sewe en ’n half jaar regeer het.

In Jerusalem het hy ’n verdere 33 jaar regeer.

5 Die seuns wat vir hom in Jerusalem gebore is, is Sima, Sobab, Natan en Salomo. Batseba, die dogter van Ammiël, was die ma van hierdie seuns.

6 Dawid het ook nege ander seuns gehad: Jibgar, Elisua, Elpelet,

7 Noga, Nefeg, Jafia,

8 Elisama, Eljada en Elifelet.

9 Hulle was die seuns van Dawid, behalwe die seuns van sy byvroue. Dawid het ook ’n dogter met die naam Tamar gehad.

Afstammelinge van Salomo

10 Die afstammelinge van Salomo was Rehabeam, Abia, Asa, Josafat,

11 Joram, Ahasia, Joas,

12 Amasia, Asarja, Jotam,

13 Agas, Hiskia, Manasse,

14 Amon en Josia.

15 Die seuns van Josia was Joganan, die oudste, Jojakim, die tweede, Sedekia, die derde, en Sallum, die vierde.

16 Jojakim is opgevolg deur sy seun Jojagin. Hý is weer opgevolg deur sy oom, Sedekia.

Afstammelinge van Jojagin

17 Die seuns van Jojagin, wat deur die Babiloniërs gevange geneem is, was Sealtiël,

18 Malkiram, Pedaja, Senassar, Jekamja, Hosama en Nedabja.

19 Die seuns van Pedaja was Serubbabel en Simi.

Die seuns van Serubbabel was Mesullam en Gananja. Hy het ook ’n dogter met die naam Selomit gehad.

20 Sy vyf ander seuns was Gasuba, Ohel, Berekja, Gasadja en Jusab-Gesed.

21 Die seuns van Gananja was Pelatja en Jesaja. Jesaja se seun was Refaja. Refaja se seun was Arnan. Arnan se seun was Obadja. Obadja se seun was Sekanja.

22 Die afstammelinge van Sekanja was Semaja en sy seuns, Gattus, Jigal, Bariag, Nearja en Safat, ses in totaal.

23 Die seuns van Nearja was Eljoënai, Hiskia en Asrikam, drie in totaal.

24 Die seuns van Eljoënai was Hodauja, Eljasib, Pelaja, Akkub, Joganan, Delaja en Anani, sewe in totaal.

1 KRONIEKE 4

Ander afstammelinge van Juda

1 Die seuns van Juda was Peres, Gesron, Karmi, Gur en Sobal.

2 Sobal se seun, Reaja, was die pa van Jagat. Jagat was die pa van Agumai en Lahad. Dit is die afstammelinge van die Soranergeslagte.

3 Die afstammelinge van Etam was Jisreël, Jisma en Jidbas. Die naam van hulle suster was Selelponi.

4 Penuel was die pa van Gedor, en Eser die pa van Gusa. Dit is die afstammelinge van Gur, die oudste seun van Efrata, die afstammeling van Betlehem.

5 Asgur was die pa van Tekoa en hy het twee vroue gehad: Gela en Naära.

6 Naära het geboorte gegee aan Agussam, Gefer, Temni en Agastari. Dit was die seuns van Naära.

7 Die seuns van Gela was Seret, Sogar, Etnan

8 en Kos, wat die pa was van Anub en Sobeba en van die geslagte van Agargel, die seun van Harum.

9 Jabes was meer geëerd as sy broers. Sy ma het hom Jabes genoem omdat sy geboorte so pynlik was.

10 Hy was die een wat tot die God van Israel gebid en gesê het: “Laat u seën op my rus en vergroot my grond! Wees asseblief met my in alles wat ek doen, en bewaar my van moeilikheid en pyn!” En God het sy versoek gehoor en dit gedoen.

11 Kelub was die broer van Suga. Hy was die pa van Megir. Megir was die pa van Eston.

12 Eston was die pa van Bet-Rafa, Paseag en Teginna. Teginna was die pa van Ir-Nagas. Hulle was die afstammelinge van Reka.

13 Die seuns van Kenas was Otniël en Seraja. Die seuns van Otniël was Gatat en Meonotai.

14 Meonotai was die pa van Ofra. Seraja was die pa van Joab, die stigter van die Vakmansdal, so genoem omdat daar baie ambagsmanne gebly het.

15 Die seuns van Kaleb, seun van Jefunne, was Iru, Ela en Naäm. Die seun van Ela was Kenas.

16 Die seuns van Jehallelel was Sif, Sifa, Tireja en Asarel.

17 Die seuns van Esra was Jeter, Mered, Efer en Jalon. Mered het met ’n Egiptiese vrou getrou, wat die ma geword het van Mirjam, Sammai en Jisbag, wat die pa van Estemoa was.

18 Mered se Egiptiese vrou se naam was Bitja, en sy was ’n Egiptiese prinses. Mered het ook met ’n vrou van Juda getrou wat die ma geword het van Jered, die pa van Gedor, Geber, die pa van Soko, en Jekutiël, die pa van Sanoag.

19 Hodija se vrou was die suster van Nagam, pa van Keïla. Haar seuns was Garmi en Estemoa van Maäka.

20 Die seuns van Simon was Amnon, Rinna, Ben-Ganan en Tilon. Die afstammelinge van Jisi was Soget en Ben Soget.

Afstammelinge van Juda se seun

Sela

21 Sela was een van Juda se seuns. Die afstammelinge van Sela was Er, die pa van Leka, Lada, die pa van Maresa, die families van linnewewers van Bet-Asbea,

22 Jokim en die mense van Koseba, Joas en Saraf, wat oor Moab en Jasubi-Legem geheers het. Hierdie name kom almal uit antieke rekords.

23 Hulle was die pottebakkers wat in Netaïm en Gedera gewoon het. Hulle het vir die koning gewerk.

Afstammelinge van Simeon

24 Die seuns van Simeon was Jemuel, Jamin, Jarib, Serag en Saul.

25 Die afstammelinge van Saul was Sallum, Mibsam en Misma.

26 Die afstammelinge van Misma was Gammuel, Sakkur en Simi.

27 Simi het sestien seuns en ses dogters gehad, maar nie een van sy broers het groot families gehad nie. Daarom het die stam van Simeon nooit so groot soos die stam van Juda geword nie.

28 Hulle het in Berseba, Molada, Gasar-Sual,

29 Baäla, Esem, Eltolad,

30 Betuel, Gorma, Siklag,

31 Bet-Markabot, Gasar-Susim, Bet-Biri en Saärajim gebly. Hierdie stede was onder hulle toesig tot die tyd van koning Dawid.

32 Hulle afstammelinge het in die vyf stede Etam, Ajin, Rimmon, Token en Asan gebly,

33 en in al hulle omringende dorpe tot so ver as Baäl. Dit was hulle grond, en hierdie name is in hulle geslagsregister opgeskryf.

34 Ander afstammelinge van Simeon was Mesobab, Jamlek, Josa, seun van Amasia,

35 Joël, Jehu, seun van Josibja, seun van Seraja, seun van Asiël,

36 Eljoënai, Jaäkoba, Jesogaja, Asaja, Adiël, Jesimiël, Benaja

37 en Sisa, seun van Sifi, seun van Allon, seun van Jedaja, seun van Simri, seun van Semaja.

38 Dit was die name van sommige van die regeerders van Simeon se rykste families.

39 Hulle het tot by die ingang na Gedor getrek, in die oostelike deel van die dal, op soek na weiveld vir hulle kleinvee.

40 Hulle het goeie weiveld daar gekry, en die land was ruim, rustig en stil.

Party van Gam se afstammelinge het vroeër daar gebly.

41 Maar gedurende die regering van koning Hiskia van Juda het die leiers van Simeon die gebied binnegeval en hulle het die huise van die afstammelinge van Gam en van die Meüniete as banoffer volledig vernietig. Hulle het almal doodgemaak wat daar gebly het en die land vir hulleself gevat, want hulle het die goeie weiveld vir hulle kuddes nodig gehad.

42 500 van hierdie invallers van die stam van Simeon het na Seïrberg getrek, gelei deur Pelatja, Nearja, Refaja en Ussiël, almal seuns van Jisi.

43 Hulle het die paar Amalekiete wat oorleef het, vernietig. En hulle bly daar tot vandag toe.

1 KRONIEKE 5

Afstammelinge van Ruben

1 Die oudste seun van Israel was Ruben. Hy het nie sy pa gerespekteer nie en by een van sy pa se byvroue geslaap. Daarom is sy geboortereg aan die seuns van sy broer Josef gegee en word hy nie in die geslagsregister as die eersgebore seun vermeld nie.

2 Juda se afstammelinge het die sterkste stam geword en die regeerder vir die nasie verskaf, maar die eersgeboortereg het aan Josef behoort.

3 Die seuns van Ruben, die oudste seun van Israel, was Ganok, Pallu, Gesron en Karmi.

4 Die afstammelinge van Joël was Semaja, Gog, Simi,

5 Miga, Reaja, Baäl en

6 Beëra.

Beëra was die leier van die Rubeniete wat deur koning Tiglat-Pileser van Assirië gevange geneem is.

7 Beëra se familie is in die geslagsregister van hulle families opgeneem: Jeïel, die leier, Sagaria

8 en Bela, seun van Asas, seun van Sema, seun van Joël.

Hierdie Rubeniete het in die gebied geleef wat strek van Aroër tot by Nebo en Baäl-Meon.

9 Omdat hulle so baie vee in die land Gilead gehad het, het hulle na die ooste uitgesprei tot by die rand van die woestyn wat na die Eufraatrivier uitstrek.

10 In die tyd toe Saul koning was, het die Rubeniete die Hagareërs in die oorlog verslaan. Hulle het toe in die Hagareërs se dorpies gaan bly, al langs die oostelike kant van Gilead.

Afstammelinge van Gad

11 Oorkant die Rubeniete in die land Basan het die afstammelinge van Gad gebly, tot so ver oos as Salka.

12 Joël was die leier in die land Basan, en Safam was tweede in bevel, saam met Janai en Safat.

13 Hulle familie, die leiers van sewe ander families, was Migael, Mesullam, Seba, Jorai, Jakan, Sia en Eber.

14 Hulle was almal afstammelinge van Abigajil, seun van Guri, seun van Jaroag, seun van Gilead, seun van Migael, seun van Jesisai, seun van Jagdo, seun van Bus.

15 Agi, seun van Abdiël, seun van Guni, was die leier van hulle families.

16 Die Gadiete het in die land Gilead gebly, in Basan en sy dorpies en die hele Saronplein.

17 Hulle name is almal opgeteken in die geslagsregister in die dae van koning Jotam van Juda en Jerobeam van Israel.

Die stamme oos van die Jordaan

18 Daar was 44 760 vaardige soldate in die leër van Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse. Hulle was almal vaardig en ervare in die oorlog, gewapen met skild, swaard en boog.

19 Hulle het oorlog teen die Hagareërs, Jeturiete, Nafiete en Nodabiete gemaak.

20 Hulle het na God geroep tydens die geveg, en Hy het hulle gebed verhoor omdat hulle op Hom vertrou het. So is die Hagareërs en al hulle bondgenote verslaan.

21 Die buit wat hulle by die Hagareërs afgevat het, het 50 000 kamele, 250 000 skape, 2 000 donkies en 100 000 gevangenes ingesluit.

22 Baie van die Hagareërs is in die oorlog doodgemaak omdat God teen hulle baklei het. Hulle het in hulle land gebly totdat hulle in ballingskap weggevoer is.

23 Die halwe stam van Manasse het in die land gewoon vanaf Basan tot by Baäl-Hermon, Senir en Hermonberg. Hulle was baie mense.

24 Die leiers van hulle families was: Efer, Jisi, Eliël, Asriël, Jeremia, Hodauja en Jagdiël.

Elkeen van hierdie manne het ’n groot reputasie gehad as dapper soldaat en leier.

25 Maar hulle was ontrou aan die God van hulle voorouers. Hulle het die gode aanbid van die volke wat God vernietig het.

26 Daarom het die God van Israel veroorsaak dat koning Pul van Assirië, ook bekend as Tiglat-Pileser, die land binnegeval het en die Rubeniete, Gadiete en die halwe stam van Manasse as gevangenes weggelei het. Die Assiriërs het hulle in ballingskap na Galag, Gabor, Hara en die Gosanrivier gevat, waar hulle tot vandag toe bly.

1 KRONIEKE 6

Die priesterlike lyn

1 Die seuns van Levi was Gerson, Kehat en Merari.

2 Die afstammelinge van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël.

3 Die kinders van Amram was Aäron, Moses en Mirjam. Die seuns van Aäron was Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.

4 Eleasar was die pa van Pinehas. Pinehas was die pa van Abisua.

5 Abisua was die pa van Bukki. Bukki was die pa van Ussi.

6 Ussi was die pa van Seragja. Seragja was die pa van Merajot.

7 Merajot was die pa van Amarja. Amarja was die pa van Agitub.

8 Agitub was die pa van Sadok. Sadok was die pa van Agimaäs.

9 Agimaäs was die pa van Asarja. Asarja was die pa van Joganan.

10 Joganan was die pa van Asarja, die hoëpriester by die tempel wat Salomo in Jerusalem gebou het.

11 Asarja was die pa van Amarja. Amarja was die pa van Agitub.

12 Agitub was die pa van Sadok. Sadok was die pa van Sallum.

13 Sallum was die pa van Gilkija. Gilkija was die pa van Asarja.

14 Asarja was die pa van Seraja. Seraja was die pa van Josadak,

15 wat in ballingskap gegaan het toe die Here die mense van Juda en Jerusalem in ballingskap onder Nebukadnesar weggevoer het.

Die Levietefamilies

16 Die seuns van Levi was Gerson, Kehat en Merari.

17 Die afstammelinge van Gerson was Libni en Simi.

18 Die seuns van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël.

19 Die seuns van Merari was Magli en Musi. Die volgende is die families van die Leviete, volgens hulle voorouers:

20 Die afstammelinge van Gerson was Libni, Jagat, Simma,

21 Joag, Iddo, Serag en Jeatrai.

22 Die afstammelinge van Kehat was Amminadab, Korag, Assir,

23 Elkana, Abiasaf, Assir,

24 Tagat, Uriël, Ussia en Saul.

25 Die afstammelinge van Elkana was Amasai, Agimot en Elkana.

26 Die seuns van Elkana was Suf, Nagat,

27 Eliab, Jerogam, Elkana en Samuel.

28 Die seuns van Samuel was Joël, die oudste, en Abia, die tweede seun.

29 Die seuns van Merari was Magli, Libni, Simi, Ussa,

30 Sima, Gaggija en Asaja.

Tempelmusikante

31 Dawid het die volgende mense aange-stel om die musiek in die huis van die Here te lei ná hy die ark daar ingebring het.

32 In die tabernakel, die tent van ontmoeting, het hulle met musiek gedien totdat Salomo die tempel vir die Here in Jerusalem gebou het. Toe het hulle aangehou met hulle werk, volgens al die regulasies wat aan hulle oorgelewer is.

33 Hier is die manne wat gedien het, saam met hulle seuns: Heman die sanger was van die Kehatgroep. Sy geslagsregister gaan terug na Joël, Samuel,

34 Elkana, Jerogam, Eliël, Togu,

35 Suf, Elkana, Magat, Amasai,

36 Elkana, Joël, Asarja, Sefanja,

37 Tagat, Assir, Abiasaf, Korag,

38 Jishar, Kehat, Levi en Israel.

39 Heman se eerste assistent was Asaf van die Gersongroep. Asaf se geslagsregister gaan terug na Berekja, Sima,

40 Migael, Maäseja, Malkija,

41 Etni, Serag, Adaja,

42 Etan, Simma, Simi,

43 Jagat, Gerson en Levi.

44 Heman se tweede assistent was Etan van die Merarigroep. Etan se geslagsregister gaan terug na Kusaja, Abdi, Malluk,

45 Gasabja, Amasia, Gilkija,

46 Amsi, Bani, Semer,

47 Magli, Musi, Merari en Levi.

48 Hulle familie, ook Leviete, is aangestel om verskeie take in die tabernakel, die huis van God, te verrig.

Aäron se afstammelinge

49 Net Aäron en sy afstammelinge het as priesters gewerk. Hulle het die offers op die brandofferaltaar en die wierookaltaar aangebied, en al die ander werk in die Allerheiligste gedoen. So het hulle Israel met God versoen deur al die bevele te volg wat Moses, die kneg van God, gegee het.

50 Die afstammelinge van Aäron is Eleasar, Pinehas, Abisua,

51 Bukki, Ussi, Seragja,

52 Merajot, Amarja, Agitub,

53 Sadok en Agimaäs.

Leviete se grond

54 Hier is ’n lys van die dorpe en grond wat deur die gewyde lot aan die afstammelinge van Aäron van die Kehatgroep toegeken is.

55 Dit het Hebron in Juda met sy weiveld daar rondom ingesluit,

56 maar die saaigrond van die stad en sy dorpe is aan Kaleb, die seun van Jefunne, gegee.

57 Die afstammelinge van Aäron het saam met die volgende dorpe ook die omliggende weiveld gekry: Hebron, wat ’n vrystad was, Libna, Jattir, Estemoa,

58 Golon, Debir,

59 Asan met sy weivelde en Bet-Semes met sy weivelde.

60 Van die grond van Benjamin is aan hulle gegee: Gibeon, Geba, Alemet en Anatot, elkeen met sy weiveld. So is ’n totaal van dertien stede vir die afstammelinge van Aäron gegee.

61 Die oorblywende afstammelinge van Kehat het tien stede in die grondgebied van die halwe stam van Manasse deur middel van die gewyde lot gekry.

62 Die afstammelinge van Gerson het in die grondgebied van Issaskar, Aser, Naftali en van die Basangebied van Manasse dertien stede deur die gewyde lot gekry.

63 Die afstammelinge van Merari het deur die gewyde lot twaalf stede gekry in die grondgebied van Ruben, Gad en Sebulon.

64 So het die mense van Israel al hierdie stede met hulle weivelde aan die Leviete afgestaan.

65 Die stede in die grondgebiede van Juda, Simeon en Benjamin wat pas genoem is, is almal deur die gewyde lot aangewys.

66 Die afstammelinge van Kehat het in die grondgebied van Efraim hierdie stede ontvang, elkeen met sy omliggende weiveld:

67 Sigem wat ’n vrystad in die bergland van Efraim is, Geser,

68 Jokmeam, Bet-Goron,

69 Ajalon en Gat-Rimmon.

70 Die oorblywende afstammelinge van Kehat het hierdie stede in die grondgebied van die halwe stam van Manasse gekry: Aner en Jibleam, elkeen met sy weiveld.

71 Die afstammelinge van Gerson het in die grondgebied van die halwe stam van Manasse Golan in Basan met sy weiveld en Astarot met sy weiveld gekry.

72 In die grondgebied van Issaskar is aan hulle gegee: Kedes, Daberat,

73 Ramot en En-Gannim, elkeen met sy weivelde.

74 In die grondgebied van Aser het hulle Misal, Abdon,

75 Gukok en Regob, elkeen met sy weivelde gekry.

76 In die grondgebied van Naftali het hulle Kedes in Galilea, Gammon en Kirjatajim, elkeen met sy weivelde, gekry.

77 Die oorblywende afstammelinge van Merari het in die grondgebied van Sebulon die stede van Jokneam, Karta, Rimmon en Tabor, elkeen met sy weivelde, gekry.

78 Van die grondgebied van Ruben, oorkant die Jordaan oos van Jerigo, het hulle Beser, ’n woestynstad, Jahas,

79 Kedemot en Mefaät, elkeen met sy weivelde, gekry.

80 En in die grondgebied van Gad het hulle Ramot in Gilead, Maganajim,

81 Gesbon en Jaser, elkeen met sy weivelde, gekry.

1 KRONIEKE 7

Afstammelinge van Issaskar

1 Die vier seuns van Issaskar was Tola, Puwwa, Jasub en Simron.

2 Die seuns van Tola was Ussi, Refaja, Jeriël, Jagmai, Jibsam en Samuel. Elkeen van hulle was ’n leier van hulle familie. Teen die tyd van koning Dawid was 22 600 manne vir militêre diens beskikbaar uit dié families.

3 Die seun van Ussi was Seragja. Die seuns van Seragja was Migael, Obadja, Joël en Jissija. Hierdie vyf het die leiers van families geword.

4 Tussen hulle afstammelinge was 36 000 beskikbaar vir militêre diens, want al vyf van hulle het baie vroue en kinders gehad.

5 Die totale aantal manne wat beskikbaar was vir militêre diens van al die families van Issaskar was 87 000.

Afstammelinge van Benjamin

6 Drie van Benjamin se seuns was Bela, Beker en Jediael.

7 Die seuns van Bela was Esbon, Ussi, Ussiël, Jerimot en Iri. Hierdie vyf soldate was die leiers van families. Die totale aantal manne wat vir militêre diens beskikbaar was, was 22 034. Almal van hulle se name is opgeteken in hulle geslagsregister.

8 Die seuns van Beker was Semira, Joas, Eliëser, Eljoënai, Omri, Jeremot, Abia, Anatot en Alemet.

9 Volgens hulle geslagsregister was daar 20 200 manne beskikbaar vir militêre diens tussen hulle afstammelinge, buiten hulle families se leiers.

10 Die seun van Jediael was Bilhan. Die seuns van Bilhan was Jeüs, Benjamin, Ehud, Kenaäna, Setan, Tarsis en Agisagar.

11 Hulle was die leiers van die families van Jediael, en tussen hulle afstammelinge was 17 200 manne vir militêre diens beskikbaar.

12 Die seuns van Ir was Suppim en Guppim. Gusim was die seun van Ager.

Afstammelinge van Naftali

13 Die seuns van Naftali was Jagseël, Guni, Jeser en Sillem. Hulle was afstammelinge van Bilha.

Afstammelinge van Manasse

14 Die seuns van Manasse by sy Aramese byvrou was Asriël en Makir. Makir was die pa van Gilead.

15 Makir het vir Guppim en Suppim vroue gekry. Makir se suster se naam was Maäka. Een van sy afstammelinge was Selofgad, wat net dogters gehad het.

16 Makir se vrou Maäka het ’n seun gehad wat sy Peres genoem het. Sy broer se naam was Seres. Die seuns van Peres was Ulam en Rekem.

17 Die seun van Ulam was Bedan. Hulle is almal geag as Gileadiete, afstammelinge van Makir, die seun van Manasse.

18 Makir se suster Moleket het geboorte gegee aan Ishod, Abiëser en Magla.

19 Die seuns van Semida was Agjan, Sekem, Likgi en Aniam.

Afstammelinge van Efraim

20 Die afstammelinge van Efraim was Sutelag, Bered, Tagat, Elada, Tagat,

21 Sabad en Sutelag. Efraim se seuns Eser en Elad het probeer om vee van die boere naby Gat te steel toe hulle doodgemaak is.

22 Hulle pa, Efraim, het baie lank oor hulle getreur, en sy familie het hom kom troos.

23 Daarna het Efraim by sy vrou geslaap, en sy het swanger geword en geboorte aan ’n seun gegee. Efraim het hom Beria genoem as gevolg van die tragedie wat die familie getref het.

24 Efraim het ’n dogter gehad met die naam Seëra. Sy het Bet-Goron-Onder en Bet-Goron-Bo gebou, en Ussen-Seëra.

25 Efraim se geslagslyn was Refag, Resef, Telag, Tagan,

26 Ladan, Ammihud, Elisama,

27 Nun en Josua.

28 Die afstammelinge van Efraim het in die grondgebied gebly wat Bet-El met sy omliggende dorpies na die suide ingesluit het: Naära na die ooste, Geser met sy omliggende dorpies na die weste, en Sigem met sy omliggende dorpies na die noorde tot so ver as Aja met sy dorpies.

29 Langs die grens van Manasse was die stede van Bet-San, Taänak, Megiddo en Dor, almal met hulle omliggende dorpies. Die afstammelinge van Josef, die seun van Israel, het hier gewoon.

Afstammelinge van Aser

30 Die seuns van Aser was Jimma, Jiswa, Jiswi en Beria. Serag was hulle suster.

31 Die seuns van Beria was Geber en Malkiël, wat die pa van Birsajit was.

32 Die seuns van Geber was Jaflet, Semer en Gotam. Sua was hulle suster.

33 Die seuns van Jaflet was Pasak, Bimhal en Aswat.

34 Die seuns van Semer was Agi, Roga, Gubba en Aram.

35 Die seuns van sy broer Gotam was Sofag, Jimna, Seles en Amal.

36 Die seuns van Sofag was Suag, Garnefer, Sual, Beri, Jimra,

37 Beser, Hod, Samma, Silsa, Jitran en Beëra.

38 Die seuns van Jitran was Jefunne, Pispa en Ara.

39 Die seuns van Ulla was Arag, Ganniël en Risja.

40 Elkeen van hierdie afstammelinge van Aser was die leier van ’n familiegroep. Hulle was ook almal vaardige soldate en prominente leiers. Daar was 26 000 manne wat vir militêre diens beskikbaar was tussen hulle afstammelinge wat in die geslagsregister opgeteken is.

1 KRONIEKE 8

Afstammelinge van Benjamin

1 Die seuns van Benjamin was, in volgorde van ouderdom, Bela, die oudste, Asbel, Agrag,

2 Noga en Rafa.

3 Die seuns van Bela was Ard, Gera, Abihud,

4 Abisua, Naäman, Agoag,

5 Gera, Sefufan en Guram.

6 Die seuns van Egud, almal leiers van families wat by Geba gebly het, is uitgedryf en het na Managat getrek.

7 Egud se seuns was Naäman, Agija en Gera. Gera, pa van Ussa en Agigud, het hulle gelei toe hulle getrek het.

8 Nadat Sagarajim sy vroue Gusim en Baära geskei het, het hy kinders in die land Moab gehad.

9 Godes, sy nuwe vrou, het geboorte gegee aan Jobab, Sibja, Mesa, Malkam,

10 Jeüs, Sakeja en Mirma. Hierdie seuns het almal die leiers van families geword.

11 Sagarajim se vrou Gusim het alreeds geboorte gegee aan Abitub en Elpaäl.

12 Die seuns van Elpaäl was Eber, Misam, Semed wat Ono en Lod en hulle omliggende dorpies gebou het,

13 asook Beria en Sema. Hulle was die leiers van families wat in Ajalon gebly het en die inwoners van Gat verjaag het.

14 Agjo, Sasak, Jeremot,

15 Sebadja, Arad, Eder,

16 Migael, Jispa en Joga was die seuns van Beria.

17 Sebadja, Mesullam, Giski, Geber,

18 Jismerai, Jislia en Jobab was die seuns van Elpaäl.

19 Jakim, Sikri, Sabdi,

20 Eliënai, Silletai, Eliël,

21 Adaja, Beraja en Simrat was die seuns van Simi.

22 Jispan, Eber, Eliël,

23 Abdon, Sikri, Ganan,

24 Gananja, Elam, Antotija,

25 Jifdeja en Penuel was die seuns van Sasak.

26 Samserai, Segarja, Atalia,

27 Jaäresja, Elia en Sikri was die seuns van Jerogam.

28 Hulle was die leiers van familiegroepe, en hulle name is opgeteken in die geslagsregister. Hulle het almal in Jerusalem gewoon.

Die familie van Saul

29 Gibeon se pa het in Gibeon gewoon. Sy vrou se naam was Maäka,

30 en hulle oudste seun se naam was Abdon. Die ander seuns was Sur, Kis, Baäl, Nadab,

31 Gedor, Agjo, Seker en

32 Miklot wat die pa van Sima was. Al dié families het naby mekaar in Jerusalem gebly.

33 Ner was die pa van Kis. Kis was die pa van Saul. Saul was die pa van Jonatan, Malkisua, Abinadab en Es-Baäl.

34 Jonatan was die pa van Meribbaäl. Meribbaäl was die pa van Miga.

35 Miga was die pa van Piton, Melek, Tagrea en Agas.

36 Agas was die pa van Jehoadda. Jehoadda was die pa van Alemet, Asmawet en Simri. Simri was die pa van Mosa.

37 Mosa was die pa van Bina. Bina was die pa van Rafa. Rafa was die pa van Elasa. Elasa was die pa van Asel.

38 Asel het ses seuns gehad: Asrikam, Bokeru, Ismael, Searja, Obadja en Ganan. Hulle was Asel se seuns.

39 Asel se broer Esek het drie seuns gehad: Ulam, die oudste, Jeüs, die tweede, en Elifelet, die derde.

40 Die seuns van Ulam was almal vaardige soldate en ervare boogskutters. Hulle het baie kinders en kindskinders gehad, 150 in totaal.

Hulle was almal afstammelinge van Benjamin.

1 KRONIEKE 9

1 Die hele Israel se name is in geslagsregisters opgeskryf inDie boek van die konings van Israel.

Teruggekeerde ballinge

Die mense van Juda is in ballingskap na Babel weggevoer omdat hulle ontrou aan die Here was.

2 Die eerste wat weer na hulle eiendom in die dorpe waar hulle voorheen gebly het, teruggekeer het, was gewone Israeliete, priesters, Leviete en tempelbediendes.

3 Mense van die stamme van Juda, Benjamin, Efraim en Manasse het gekom en in Jerusalem gaan bly.

4 Een familie wat teruggekom het, was dié van Utai, seun van Ammihud, seun van Omri, seun van Imri, seun van Bani, ’n afstammeling van Peres, seun van Juda.

5 Ander wat teruggekom het, was van die Silonietegroep, insluitende Asaja die oudste, en sy seuns.

6 Van die Seraggroep het Jeüel en sy familie teruggekeer.

Altesame 690 families van die stam van Juda het teruggekom.

7 Van die stam van Benjamin het Sallu, seun van Mesullam, seun van Hodauja, seun van Senua,

8 Jibneja, seun van Jerogam, Ela, seun van Ussi, seun van Mikri, en Mesullam, seun van Sefatja, seun van Reüel, seun van Jibnija teruggekom.

9 Hierdie manne was almal leiers van families, en hulle name is opgeteken in die geslagsregister. Altesame 956 mense van die stam van Benjamin het teruggekom.

Teruggekeerde priesters

10 Tussen die priesters wat teruggekom het, was Jedaja, Jojarib, Jakin

11 en Asarja, seun van Gilkija, seun van Mesullam, seun van Sadok, seun van Merajot, seun van Agitub. Asarja was die hoofamptenaar van die huis van God.

12 Ander priesters wat gekom het, was Adaja, seun van Jerogam, seun van Pasgur, seun van Malkija, en Masai, seun van Adiël, seun van Jagsera, seun van Mesullam, seun van Mesillemot, seun van Immer.

13 Altesame 1 760 priesters het teruggekom. Hulle was leiers van families en bekwame manne. Hulle was verantwoordelik om in die huis van God te dien.

Teruggekeerde Leviete

14 Die Leviete wat teruggekom het, was Semaja, seun van Gassub, seun van Asrikam, seun van Gasabja, ’n afstammeling van Merari,

15 Bakbakkar, Geres, Galal, Mattanja, seun van Miga, seun van Sikri, seun van Asaf,

16 Abda, seun van Sammua, seun van Galal, seun van Jedutun, en Berekja, seun van Asa, seun van Elkana wat in die gebied van Netofa gebly het.

17 Die poortwagters wat teruggekom het, was Sallum, Akkub, Talmon, Agiman en hulle familie. Sallum was die hoofpoortwagter.

18 Voor hierdie tyd was hulle verantwoordelik vir die koningspoort aan die oostekant. Hierdie manne was die poortwagters vir die kampe van die Leviete.

19 Sallum was die seun van Kore, ’n afstammeling van Abiasaf, van die Koraggroep. Hy en sy familie, die Koragiete, was verantwoordelik om die ingang na die heiligdom te beskerm, net soos hulle voorouers die tabernakel in die kamp van die Here beskerm het.

20 Pinehas, seun van Eleasar, was vroeër in beheer van die poortwagters, en die Here was met hom.

21 Later was Sagaria, seun van Meselemja, verantwoordelik om die ingang na die tent van ontmoeting te beskerm.

22 Altesame was daar 212 poortwagters in daardie dae, en hulle name is almal in geslagsregisters in hulle dorpe opgeteken. Dawid en die siener Samuel het hulle voorouers aangestel omdat hulle betroubare manne was.

23 Hulle en hulle afstammelinge was verantwoordelik om die ingang na die huis van die Here te beskerm, die huis wat voorheen ’n tent was.

24 Die poortwagters moes aan al vier kante staan – oos, wes, noord en suid.

25 Hulle naasbestaandes het van tyd tot tyd uit die dorpies gekom om vir periodes van sewe dae hulle pligte te deel.

26 Die vier hoofdeurwagters, almal Leviete, het groot vertroue geniet, want hulle was verantwoordelik vir die skatkamers en skatte van die huis van God.

27 Hulle het in die nag rondom die huis van God gebly, want hulle moes dit beskerm. Dit was ook hulle werk om die ingange elke oggend oop te sluit.

28 Party van die hekwagters moes ook sorg vir die verskillende gereedskap wat in die tempel gebruik is. Hulle moes sorg dat dit uitgeneem en teruggebring word sonder dat iets verlore gaan.

29 Ander was verantwoordelik vir die meubels en al die heilige voorwerpe, ook die fynmeel, wyn, olie, wierook en speserye.

30 Maar dit was die priesters wat die speserye en wierook voorberei het.

31 Mattitja, ’n Leviet en oudste seun van die Koragiet Sallum, was verantwoordelik vir die brood wat vir die offers gebak is.

32 En party lede van die Kehatietegroep was verantwoordelik vir die brode wat elke Sabbat op die tafel geplaas is.

33 Die musikante, almal prominente Leviete, het in die tempel gewoon. Hulle was vrygeskeld van ander verantwoordelikhede omdat hulle alle ure aan diens was.

34 Al hierdie mans het in Jerusalem gewoon. Hulle was die hoofde van Levitiese families en is in hulle stamme se geslagsregisters as prominente leiers aangeteken.

Koning Saul se stamboom

35 Jeïel, die pa van Gibeon, het in Gibeon gebly. Sy vrou se naam was Maäka,

36 en sy oudste seun se naam was Abdon. Jeïel se ander seuns was Sur, Kis, Baäl, Ner, Nadab,

37 Gedor, Agjo, Seker en Miklot.

38 Miklot was die pa van Sima. Al hierdie families het naby mekaar in Jerusalem gebly.

39 Ner was die pa van Kis. Kis was die pa van Saul. Saul was die pa van Jonatan, Malkisua, Abinadab en Es-Baäl.

40 Jonatan was die pa van Meribbaäl. Meribbaäl was die pa van Miga.

41 Die seuns van Miga was Piton, Melek, Tagrea en Agas.

42 Agas was die pa van Jehoadda. Jehoadda was die pa van Alemet, Asmawet en Simri. Simri was die pa van Mosa.

43 Mosa was die pa van Bina. Bina se seun was Refaja. Refaja se seun was Elasa. Elasa se seun was Asel.

44 Asel het ses seuns gehad, en hulle name was Asrikam, Bokeru, Ismael, Searja, Obadja en Ganan. Hulle was Asel se seuns.

1 KRONIEKE 10

Die dood van koning Saul

1 Die Filistyne het Israel aangeval, en die manne van Israel moes vir die Filistyne wegvlug. Baie is teen die hange van die Gilboaberg doodgemaak.

2 Die Filistyne het vir Saul en sy seuns ingehaal. Hulle het drie van sy seuns doodgemaak, vir Jonatan, Abinadab en Malkisua.

3 Die geveg het baie swaar rondom Saul geword, en die Filistynse boogskutters het hom gesien en raakgeskiet.

4 Saul het vir sy wapendraer gesê: “Trek jou swaard uit en steek my dood voor hierdie heidense Filistyne kom en my verneder.” Maar sy wapendraer was baie bang en wou dit nie doen nie. Toe vat Saul sy eie swaard en val daarin.

5 Toe sy wapendraer besef dat Saul dood is, het hy ook in sý swaard geval en gesterf.

6 So het Saul en sy drie seuns saam gesterf sodat sy koningshuis beëindig is.

7 Toe die Israeliete in die Jisreëlvlakte sien dat hulle leër gevlug het en dat Saul en sy seuns dood is, het hulle hulle stede verlaat en gevlug. Die Filistyne het die stede beset en daar gaan woon.

8 Die volgende dag toe die Filistyne uitgaan om die gesneuweldes te plunder, vind hulle die lyke van Saul en sy seuns op Gilboaberg.

9 Hulle het sy lyk gestroop van sy wapens en sy kop afgekap. Toe het hulle boodskappers deur die hele land van die Filistyne gestuur om die goeie nuus aan hulle afgode en die volk bekend te maak.

10 Hulle het sy wapens in die huis van hulle god gesit en sy kop in die tempel van Dagon vasgeslaan.

11 Die mense van Jabes-Gilead het gehoor wat die Filistyne alles aan Saul gedoen het.

12 Toe het hulle soldate gegaan en die lyke van Saul en sy drie seuns teruggebring na Jabes toe. Hulle het die oorskot onder die eikeboom in Jabes begrawe, en sewe dae lank gevas.

13 Saul is dood omdat hy ontrou aan die Here was. Hy het nie die Here se opdrag gehoorsaam nie, en het selfs leiding by iemand gaan soek wat geeste oproep.

14 Hy het nie die Here geraadpleeg nie. Daarom het die Here hom doodgemaak en die koningskap aan Dawid seun van Isai gegee.