teenwoordigheid
1 Toe die Israeliete
uit Egipte getrek het,
die nageslag van Jakob
uit die land
met ’n vreemde taal,
2 het Juda
God se heiligdom geword
en Israel sy koninkryk.
3 Die see het dit gesien en gevlug,
die Jordaanrivier
het teruggedraai.
4 Berge het soos ramme
rondgespring,
die heuwels soos lammers.
5 Wat is verkeerd, see,
dat jy vlug,
Jordaanrivier, dat jy wegdraai,
6 berge,
dat julle soos ramme spring,
en julle, heuwels,
soos lammers?
7 Bewe, aarde,
in die teenwoordigheid
van die Here,
in die teenwoordigheid
van die God van Jakob,
8 Hy wat die rots verander
na poele water,
die vaste rots
na fonteine van water.